Recipe Centre


Wit en donkersjokolade tertjies

Ingredients
120 g Versiersuiker
300 g Ongesoute Botter
3 Eier
3 Eiergeel
200 g Meel
50 g Kakao
4 Eetlepels suiker
100 g Donkersjokolade (70 %)
100 g Witjokolade

Method:

Room die versiersuiker en botter tot lig en romerig in jou elektriese menger.

Voeg die eier en eiergeel by en meng goed.

Sif die meel en kakao saam.

Voeg dit by die bottermengsel en meng goed.

(Die mengsel sal baie sag wees).

Bedek met kleefplastiek en laat rus in die yskas vir minstens 2 uur.

Rol die deeg uit op n` meelbestrooide oppervlak en voer klein,gesmeerde koekpannetjies uit met die deeg.

Prik die bodem van die pannetjies met n` vurk en plaas bakpapier bo-op elk.

Vul met boontjies en bak vir 12 minute teen 200 graad.

Maak albei vulsels op dieselfde manier.

Klits die suiker, eier en eiergeel saam in ?n elektriese menger tot lig en romerig.

Smelt die sjokolade en botter saam in n` bak oor n` kastrol kookwater.

Voeg die sjokolade by die eiermengsel en meng goed.

Vul die tertbakkies met albei vulsels en bak vir 15 minute teen 190 graad.

Laat in die pannetjies afkoel.

Recipe From : Sarie March 01, 2007

Servings
   
  Sarie     Recipe from Sarie : March 01, 2007

See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save!

Sponsor's message
Click here to add a sprinkling of balance to your life.
 Wit en donkersjokolade tertjies
Add to my Recipe books
Add to my Meal planner
Add to my Grocery list
 
Search our extensive recipe database, by recipe name or ingredient.
 

copyright Media 24 Ltd. All rights reserved.
terms and conditions | contact FOOD24™ | Advertise on Food24™ | Site Map