Recipe Centre
Ertjiesop
Preparation time: 10
Cooking time: 20
Ingredients
230 g
gesplete droë ertjies
2 liter
water
30 ml
olyfolie
500 g
gerooktevark-repies, in blokkies gesny
4
preie, in skywe gesny
6
stingels seldery, in klein stukkies gesny
10 ml
sout en vars gemaalde swartpeper
4
frankfurters in skywe gesny
Method:
Week die ertjies oornag in die water. Verhit die olyfolie in 'n groot kastrol en braai die varkrepies vir so 10 minute tot effens bros. Voeg die preie en seldery by en braai vir sowat 5 minute. Voeg die geweekte ertjies met die water by en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Laat die sop minstens 4 – 5 uur lank oor 'n lae hitte kook. Hoe langer die sop kook, hoe lekkerder en dikker word dit. As die sop te dik word, kan jy nog 'n bietjie water byvoeg. Wanneer die sop reg is, voeg die frankfurters by.
Recipe From : Sarie July 01, 2007
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
Recipe from Sarie
: July 01, 2007
See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save! |
| Sponsor's message | |
|
Click here to add a sprinkling of balance to your life. |










