Recipe Centre
Prei-en-olyf-tert
Preparation time: 30
Cooking time: 35
Ingredients
1
Kors: vel blaardeeg
50 g
botter, gesmelt
75 g
gerasperde parmesaankaas
40 g
Vulsel botter
4
preie, in skywe gesny
4
huisies knoffel, fyngekap
15 ml
strooisuiker
15 ml
balsemieke asyn
30 ml
water
5 ml
sout en vars gemaalde swartpeper
100 g
swartolywe, ontpit
100 g
groenolywe, ontpit
4
vars takkies tiemie
1
eier, geklits
Method:
Rol die blaardeeg nog dunner uit. Verf van die botter met 'n
kwassie oor die deeg. Sprinkel die gerasperde kaas oor. Vou
die deeg toe en rol weer uit. Herhaal die proses. Bedek met
kleefplastiek en laat rus in die yskas vir 30 minute.
Smelt die botter in 'n pan. Braai die preie en knoffel saam tot effens bruin. Voeg die strooisuiker by en braai tot dit begin karamelliseer. Voeg die asyn en water by en laat kook vir 8 minute. Geur met sout en swartpeper. Laat die mengsel afkoel en voeg die olywe by. Rol die deeg uit in 'n sirkel en plaas op 'n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
Skep die prei-vulsel
in die middel van die deeg en hou 'n rand van 3 cm oop. Sit
die takkies vars tiemie bo-op. Vou die deeg oor om 'n rand te
vorm. Smeer die rand van die deeg met die geklitste eier. Bak
vir 25-35 minute teen 190°C. Haal uit die oond en laat rus vir
5-10 minute voor jy dit op 'n bord uitkeer.
Recipe From : Sarie March 01, 2007
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
Recipe from Sarie
: March 01, 2007
See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save! |
| Sponsor's message | |
|
Click here to add a sprinkling of balance to your life. |










