Recipe Centre


Heerlike kaasmuffins

Preparation time: 15

Cooking time: 20

Ingredients
240 g bruismeel
3 ml sout
10 ml bakpoeier
1 eier
225 ml melk
50 ml gesmelte botter
250 g sterk cheddarkaas, gerasper

Method:
Sit die meel, sout en bakpoeier in 'n mengbak. Klits die eier en melk saam. Smelt die botter in die mikrogolfoond en meet die presiese hoeveelheid af. Voeg die eier-en-melkmengsel saam met die gesmelte botter by die meel. Moenie te veel meng nie.

Voeg die gerasperde kaas by en meng deur. Skep in 'n gesmeerde muffinpannetjie en bak vir 15-20 minute op die middelrak van 'n voorverhitte oond teen 220°C. Sit voor met botter en jou gunsteling-konfyt – of jy kan dit net so eet.

Recipe From : Sarie January 01, 2007

Servings
   
  Sarie     Recipe from Sarie : January 01, 2007

See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save!

Sponsor's message
Click here to add a sprinkling of balance to your life.
Heerlike kaasmuffins
Add to my Recipe books
Add to my Meal planner
Add to my Grocery list
 
Search our extensive recipe database, by recipe name or ingredient.
 

copyright Media 24 Ltd. All rights reserved.
terms and conditions | contact FOOD24™ | Advertise on Food24™ | Site Map