Recipe Centre


Swartwoud-trifle

Preparation time: 30

Ingredients
12 sjokolade-muffins (koop klaar gebakte muffins)
2 blikkies ontpitte swartkersies
500 g roomkaas
2 blikke kondensmelk
1 suurlemoen sap van 1 suurlemoen
125 ml brandewyn
500 ml room
200 g Whispers-sjokoladeballetjies vir versiering
100 ml versiersuiker om oor te sif
20 kruisementblare

Method:
Sny die sjokolade-muffins in die helfte. Dreineer die kersies. Meng die roomkaas en kondensmelk goed en voeg die suurlemoensap by. Pak 'n laag sjokolade-muffins in 'n groot bak of glase. Gooi van die brandewyn oor die muffins. Gooi 'n laag roomkaasmengsel oor die muffins en pak dan 'n laag kersies. Herhaal dié proses.

Klop room styf en skep heel bo-op. Versier met die Whispers (niemand is tog lus om sjokolade-krulle te maak nie), en sif versiersuiker oor. Druk kruisementblaartjies in vir die mooi. Maak 10 porsies.

Recipe From : Sarie December 12, 2006

Servings
   
  Sarie     Recipe from Sarie : December 12, 2006

See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save!

Sponsor's message
Click here to add a sprinkling of balance to your life.
Swartwoud-trifle
Add to my Recipe books
Add to my Meal planner
Add to my Grocery list
 
Search our extensive recipe database, by recipe name or ingredient.
 

copyright Media 24 Ltd. All rights reserved.
terms and conditions | contact FOOD24™ | Advertise on Food24™ | Site Map