Recipe Centre
Salm met aartappel en tamaties
Preparation time: 30
Cooking time: 12
Ingredients
500 g
Mediterreense aartappels
250 g
kersietamaties (probeer dié op die takkie kry)
4
vars roosmaryntakkies
30 ml
olyfolie
4
salmfilette
4
ansjovis-filette
450 ml
witwyn
1 knippie
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Method:
Verhit jou oond tot 200 °C. Skil die aartappels en kook tot net gaar – die aartappels moet nog ferm wees. Sny nou die aartappels in die lengte in skywe van sowat 5 mm dik. Gooi olyfolie in 'n bakplaat en sit die aartappels en tamaties bo-op. Sit die vars roosmaryntakkies bo-op en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Plaas daarna die salm-filette op die aartappels, asook 1 ansjovis-filet bo-op elke stuk salm. Geur met vars gemaalde swartpeper en sprinkel nog 'n bietjie olyfolie oor. Sit dit in 'n warm oond vir 6 minute. Haal uit en voeg die wyn by en bak vir nog 6 minute.
Recipe From : Sarie September 01, 2006
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
Recipe from Sarie
: September 01, 2006
See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save! |
| Sponsor's message | |
|
Click here to add a sprinkling of balance to your life. |










