Recipe Centre
Bone-kasserol
Preparation time: 60
Cooking time: 240
Ingredients
250 g
droë klein witbone
250 g
droë rooi gespikkelde bone
2
eetlepels botter
6
wortels, in blokkies gesny
2
selderystokke, gesny
2
uie, fyngekap
4
knoffelhuisies, fyngekap
2
blikkies gekapte tamaties
2
lourier-blare
500 ml
rooiwyn (probeer Chateau Libertas)
500 ml
groente-aftreksel
1
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1
Franse brood, gesny
Method:
Week die bone oornag in koue water (jy kan die bone saam in 'n bak gooi). As jy vergeet om dit te doen (ek kom dit ge-reeld oor!), sit al die bone in 'n kastrol met koue water. Bring tot kookpunt. Haal van hitte af en laat staan vir sowat 2 uur. Dreineer. Smelt botter in 'n groot kasserol. Braai die wortels, uie, seldery en knoffel saam tot sag en deursigtig. Voeg bone by en meng goed. Voeg res van die bestanddele, behalwe die brood, by. Meng goed en laat kook oor 'n stadige hitte vir 2-3 uur tot die bone sag is. Gooi nog water by as die vloeistof te min raak. Daar moet 'n lekker sous wees. Rooster die brood net voordat jy die gereg voorsit, en plaas soos 'n kors op die bone. Die brood sal van die sous absorbeer.
Recipe From : Sarie August 01, 2006
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
Recipe from Sarie
: August 01, 2006
See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save! |
| Sponsor's message | |
|
Click here to add a sprinkling of balance to your life. |










