Recipe Centre
Warm loop-poeding
Preparation time: 20
Cooking time: 15
Ingredients
140 g
ongesoute botter
140 g
70%-donkersjokolade, grofgekap
3
eiers
3
eiergele
85 g
strooisuiker
45 g
meel
Method:
Voorverhit jou oond tot 180°C. Smeer 6 bakkies met botter en sit dit op 'n bakplaat. Bring water tot kookpunt in 'n kastrol.
Plaas die sjokolade en botter in die glasbak. Skakel plaat af en sit bak oor die kookwater. Roer elke nou en dan tot die sjokolade en botter gesmelt is. (Of smelt dit in die mikrogolf, gestel op hoog vir 3 minute.)
Klits eiers, eiergele en strooisuiker met 'n elektriese klitser saam tot lig van kleur. Klits die sjokolade-botter-mengsel by. Sif meel en vou versigtig in mengsel in.
Verdeel tussen bakkies en bak vir 10-12 minute tot gerys. (Verkieslik 10 minute, want dit moet nog plat bo-op wees en nie heeltemal gestol nie. As dit bo-op kraak, sal dit nie so baie uitloop nie.) Maak versigtig los en sit dadelik voor met room of roomys.
Recipe From : Sarie June 01, 2006
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
Recipe from Sarie
: June 01, 2006
See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save! |
| Sponsor's message | |
|
Click here to add a sprinkling of balance to your life. |










