Recipe Centre


Porcini-sampioene-&-aartappelgebak

Preparation time: 40

Cooking time: 50

Ingredients
150 g gedroogde porcini-sampioene
1.50 kg Mediterreense aartappels
1 liter gekookte water
125 g botter
1 knippie growwe sout na smaak
1 hand vol vars basiliekruid

Method:
Laat week die porcini-sampioene in die gekookte water vir sowat 30 minute. Skil die aartappels en sny in kwarte. Dreineer die sampioene deur 'n sif, maar hou die water. (Dit sal so 'n donkerbruin kleur wees.) Smelt die botter in 'n groot pan. Braai die geweekte sampioene vir sowat 2 minute. Voeg die vloeistof van die geweekte sampioene by en laat kook vir so 7 minute. Gooi die aartappels by en meng goed. Laat alles saamkook oor 'n lae hitte vir 20 minute. Verhit die oond tot 190 °C. Gooi die sampioen-en-aartappelmengsel met al die sous in 'n groot oondbak. Geur met growwe sout en laat rooster vir sowat 30 minute in die oond. Maak seker die aartappels is sag. Haal uit en breek 'n hand vol vars basiliekruid oor.

Recipe From : Sarie May 01, 2006

Servings
   
  Sarie     Recipe from Sarie : May 01, 2006

See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save!

Sponsor's message
Click here to add a sprinkling of balance to your life.
Porcini-sampioene-&-aartappelgebak
Add to my Recipe books
Add to my Meal planner
Add to my Grocery list
 
Search our extensive recipe database, by recipe name or ingredient.
 

copyright Media 24 Ltd. All rights reserved.
terms and conditions | contact FOOD24™ | Advertise on Food24™ | Site Map