Recipe Centre


Calamari met brandrissies en roketslaai

Preparation time: 15

Cooking time: 10

Ingredients
1 kg calamari-tentakels en -buise
4 rooi brandrissies, pitte verwyder en in lang repe gesny
50 ml olyfolie
1 suurlemoen sap van 1 suurlemoen
2 hande vol vars roket
2 ml sout
2 ml varsgemaalde swartpeper

Method:
Verhit die olyfolie in 'n groot pan tot baie warm. (Daar kan so 'n rokie begin trek.) Braai die calamari en die brandrissies saam vir sowat 10 minute. Haal van die stoof af en gooi die suurlemoensap oor. Geur met sout en swartpeper. Laat afkoel. Sit 'n bietjie vars roket in klein bakkies en sowat 3 tentakels en 3 calamari-buise bo-op. Jy kan nog 'n bietjie olyfolie bo-oor gooi.

Recipe From : Sarie April 01, 2006

Servings
   
  Sarie     Recipe from Sarie : April 01, 2006

See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save!

Sponsor's message
Click here to add a sprinkling of balance to your life.
Calamari met brandrissies en roketslaai
Add to my Recipe books
Add to my Meal planner
Add to my Grocery list
 
Search our extensive recipe database, by recipe name or ingredient.
 

copyright Media 24 Ltd. All rights reserved.
terms and conditions | contact FOOD24™ | Advertise on Food24™ | Site Map