Recipe Centre
Hoender en suurlemoen in melk
Preparation time: 20
Cooking time: 60
Ingredients
1 heel
hoender
1 knippie
sout en 1 knippie varsgemaalde swartpeper
100 g
botter
50 ml
olyfolie
1 hand vol
vars salie
2 suurlemoene
se skil
2 knoffelhuisies,
heel met skil
500 ml
melk
2 rooi uie,
in kwarte gesny
Method:
Laat die botter saam met die olyfolie in 'n
groot oondkastrol smelt. Geur die hoender
met die sout en swartpeper. Braai die hoender
in die kastrol tot die vel bruin is. Haal
die hoender uit en gooi die botterolie af.
Jy sal moet, want die botter raak donker
en dit sal nie 'n aangename smaak hê nie.
Sit die hoender terug in die kastrol en voeg
die res van die bestanddele by, behalwe
die rooi uie. Sit die kastrol in 'n warm oond
(180°C ) vir 1 uur. Jy sal sien die melk het
geskif. Sit nou die uie ook in die kastrol en
dan terug in die oond vir nog sowat 30-35
minute tot die hoender gaar is.
Recipe From : Sarie March 01, 2006
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
Recipe from Sarie
: March 01, 2006
See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save! |
| Sponsor's message | |
|
Click here to add a sprinkling of balance to your life. |










