Recipe Centre
Meringue-koek met toffie-appels
Preparation time: 1.5
Cooking time: 5
Ingredients
8
eierwitte
250 g
strooisuiker
200 g
versiersuiker
25 g
mielieblom
100 g
pekanneute, fyngekap
Vulsel
500 ml
room
1 blik
geblikte appel (750g)
100 g
pekanneute, fyngekap
Bo-op
250 ml
room, styfgeklop
2 blikke
klein appeltjies met steeltjies
400 g
suiker
125 g
water
10 ml
asyn
75 g
gouestroop
1
knippie sout
rooi kleursel
Method:
Die hele storie lyk nogal na 'n groot affêre, maar jy kan die meringue-koek vooraf maak. Gebruik verkieslik 'n elektriese menger – klits die eierwitte tot die sagtepuntstadium. Voeg nou die strooisuiker bietjie vir bietjie by. Sif die versiersuiker en mielieblom saam en vou die gesifte mengsel met 'n groot metaallepel in die eier-witmengsel. Vou die pekanneute in. Gebruik twee 20 cm-losboomkoekpanne wat jy met bakpapier uitgevoer het. Spuit die pannetjies met Spray & Cook. Verdeel die meringue tussen die twee panne. Plaas in die oond teen 120 °C vir 3 uur. Maak dan die oonddeur oop en laat heeltemal in die oond afkoel. Onthou die binnekant van die meringue sal nog sag wees, en dis wat jy wil hê. Die vulsel is heelwat makliker: Klop die room styf, voeg die geblikte appels en fyngekapte neute by. Sit die een laag van die meringue op jou opdienbord. Skep nou al die vulsel bo-op (dit klink baie, maar dis immers Kersfees!). Sit die twee meringue-koeke bo-op. Klop die ander 250 ml room styf en spuit of skep dit bo-op. Teen dié tyd moes jy al jou appeltjies gemaak het.
Toffie-appeltjies: Verhit al die bestanddele (buiten die appeltjies) stadig saam in 'n groot kastrol. Hou aan met roer tot die suiker opgelos is. Sorg dat die suiker gesmelt is voor die mengsel kook. Kook tot ligtekraakstadium (138 °C) – as die stroop in koue water gedrup word, versprei dit in drade wat styf en effens bros is. Verwyder van hitte en doop die appeltjies versigtig in die stroop. Wees regtig versigtig omdat die appeltjies klein en die stele kort is. Laat op waspapier afkoel en versier die meringue-koek daarmee wanneer koud.
Recipe From : Sarie December 01, 2005
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
Recipe from Sarie
: December 01, 2005
See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save! |
| Sponsor's message | |
|
Click here to add a sprinkling of balance to your life. |










