Recipe Centre
Gemarineerde soetrissies
Preparation time: 30
Cooking time: 5
Ingredients
6
rooi soetrissies
6
huisies knoffel, fyngedruk
90 ml
gekapte pietersielie
30 ml
sjerrie-asyn
60 ml
olyfolie
sout
Method:
Voorverhit die roosterelement van jou oond. Sit die soetrissies heel op 'n bak-plaat en rooster tot dit swart om al die kante is. Draai elke nou en dan om. Die skil van die soetrissies sal swart word en bars. Verwyder uit oond, sit in 'n bak en bedek met kleefplastiek. Die soetrissies
sal begin sweet, wat dit makliker maak om die skil af te kry. Maak 'n klein gaatjie onder-in elke soetrissie en druk die vloeistof uit. Behou dit. Sny die soetrissies oop en verwyder die pitte. Sny die soetrissies in lang repe. Klits die knoffel, pietersielie, asyn en olie saam met die soetrissie-sap wat jy uitgedruk het. Geur met sout en gooi oor die soetrissies. Marineer oornag in die yskas.
Recipe From : Sarie October 14, 2005
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
Recipe from Sarie
: October 14, 2005
See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save! |
| Sponsor's message | |
|
Click here to add a sprinkling of balance to your life. |










