Recipe Centre
Tamatie-en-basiliekruid-tert
Preparation time: 20
Cooking time: 25
Ingredients
1 0
eierwit
30 ml
olyfolie
6 0
velle filodeeg
75 ml
droë broodkrummels
75 ml
korrelmosterd
115 g
gerasperde parmesaankaas
Method:
Voorverhit die oond tot 200 °C en plaas jou oondrak bo in die oond. Spuit 'n bakplaat met Spray & Cook. Klits die eierwit en olyfolie saam in 'n klein bakkie. Gebruik 'n groot bakplaat en sit een laag filodeeg daarop. Smeer die deeg met die eierwit-en-olyfoliemengsel (gebruik 'n kwassie). Sprinkel 1 eetlepel van die broodkrummels. Sit nou nog 'n laag filo-deeg bo-op en herhaal die proses met al die deeg, maar moenie die laaste vel deeg smeer nie. Smeer die mosterd op die deeg, maar nie tot teen die kante nie – hou so 3 cm om die rand oop. Sprinkel die parmesaankaas oor. Sny die tamaties in skywe en rangskik bo-op. Skeur die basiliekruidblare en sprinkel saam met die knoffel bo-oor. Geur met sout en vars-gemaalde swartpeper. Smeer die oop rand van die deeg met ekstra olyfolie en vou dit na die binnekant van die tamaties om 'n rand te vorm. Bak vir 15 tot 20 minute tot mooi goudbruin. Laat vir 5 minute afkoel voor jy dit afhaal.
Recipe From : Sarie September 01, 2005
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
Recipe from Sarie
: September 01, 2005
See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save! |
| Sponsor's message | |
|
Click here to add a sprinkling of balance to your life. |










