Recipe Centre
Murgpampoentjiesop
Preparation time: 10
Cooking time: 20
Ingredients
700 g
murgpampoentjies
15 ml
hoenderaftrekselpoeier
200 ml
water
200 ml
melk
250 ml
room
1 ml
fyn neutmuskaat
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 pakkie
spriet-uie, in klein skywe gesny
Method:
Was die murgpampoentjies deeglik. Sny die kante af en sny in groot stukke. Bring die
200ml water saam met die hoenderaftrekselpoeier tot kookpunt en gooi die murgpampoentjies in. Laat kook tot sag .Maak die mengsel fyn in 'n versapper of voedselverwerker. Dit lyk
nou soos groen babakos! Verdun met die melk en room en verhit weer. Voeg die neutmuskaat by en geur met sout en peper. As jy van iets bros hou ,gooi die gekapte spriet-uie bo-op.
Recipe From : Sarie July 01, 2005
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
Recipe from Sarie
: July 01, 2005
See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save! |
| Sponsor's message | |
|
Click here to add a sprinkling of balance to your life. |










