Recipe Centre
Emile se Hoender in Bier
Preparation time: 30
Cooking time: 150
Ingredients
1
heel hoender, in stukke gesny
meel om hoender in te rol
15 ml
olyfolie
60 g
botter
halwe koppie jenewer (gin)
250 g
repies spek, in blokkies gesny
2
blikkies bier (Castle, Windhoek, Amstel)
2
lourierblare
30 ml
tamatiepasta
2
takkies vars tiemie
20
20 klein uitjies (rooi variëteit)
250 g
klein wit sampioene
30 g
meelblom om sous te verdik
sout en peper te smaak
hand vol fyngekapte pietersielie
Method:
Rol die hoender in die meel en braai die stukke in die olie en botter tot bruin. Gooi die jenewer in die pan en laat dit warm word. Steek aan die brand en skud die pan tot die vlamme bedaar of die
brandweer opdaag. Haal die hoender uit. Braai die spek in die pan tot bruin en plaas dit dan in die oondbak saam met die hoender. Voeg bier by, asook die lourierblare, tamatiepasta en tiemie.
Bedek die pot en laat alles vir 30 minute prut. Plaas dan die pot vir 2 uur in die oond teen 180 °C. Hou dop ? as dit uitdroog, voeg nog bier by. Haal dan uit en voeg uitjies en sampioene by. Kook verder in oond of op die oondplaat tot uie sag is. Indien nodig, verdik sous met meelblom. Gooi pietersielie oor en sit voor met rys en hompe kraakvars brood.
Recipe From : Sarie June 01, 2005
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
Recipe from Sarie
: June 01, 2005
See what Sarie has in store this month. Subscribe now and save! |
| Sponsor's message | |
|
Click here to add a sprinkling of balance to your life. |










